Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL NUUS SONDAG 17 AUGUSTUS 2014
Goeiemore en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga wat gelees word deur Johann ZS6PSS (naam, roepsein en QTH waar toepaslik) vanuit Waverley in Pretoria. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans, landswyd uit, en om 08:30 in Engels op HF en verskeie BHF en UHF herhalers. Vir Echolink luisteraars is daar ‘n herleiding deur ZS0JPL. ‘n Potgooi is ook beskikbaar op die SARL webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die SARL se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word. ‘n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e pos te ontvang.

_________________________________________________________________

IN VANDAG SE HOOFTREKKE


AMATEURRADIO TOT DIE REDDING


LAASTE KANS VIR JOU RTA BESPERKING

SARL EN SANSA IN GESPREK
EN DIE SARL HF DIGITALE KOMPETISIE VANMIDDAG
>> Amateurradio red weereens die dag: Hierdié storie begin toe Pierre Tromp, ZS1HF in Februarie 2014 as vrywilliger vertrek het na Gough eiland na die skielike afsterwe van ‘n lid van die 2013/2014 span. Die roepsein ZD9M is aan Pierre toegeken vir sy verblyf op die eiland. Pierre en Trevor ZS1TR het gedurende die later helfte van 2013 die 7110 HAMNET noodkommunikasie netwerk op die been gebring. Hierdie net maak elke uur op die uur kontak met amateurs regoor die land ten einde gereelde kommunikasie op die noodfrekwensie te bewerkstellig. Trevor en Pierrre het hierdie skedule volgehou na sy vertrek na die eiland. Later het hulle gereelde kommunikasie na 10 minute oor die uur geskuif terwyl die naderende winter met sy gepaardgaande lae wolke die toestande soms baie uitdagend gemaak het. Om sake te vererger het Pierre die afgelope paar weke meer gereelde sateliet kommunikasie probleme begin ondervind tot op 9 Augustus toe alle satelietkommunikasie met die eiland verloor is en Pierre weer moes terugval op HF om boodskappe na die vasteland teruggesein te kry.
Op 9 Augustus 2014 het `n noodsituasie op Gough onstaan en Pierre het besluit om die boodskap per radio e/pos na Trevor in Kaapstad te stuur. Die boodskap het bestaan uit 836 woorde en het met `n paar keer se korrigering 1 uur en 45 minute later sy verskyning op die vasteland gemaak. As gevolg van swak toestande was hulle genoodsaak om tussen 20 en 30 meter uitsendings te wissel. Die boodskap was uiteindelik weer in `n e/pos formaat geskryf en aan spesifieke ontvangers gestuur.
Weereens is dit `n bewys van die waarde van amateurradio as `n kommunikasiemedium. Baie geluk aan Pierre en Trevor.

>> Eerskomende Saterdag 23 Augustus vind die RTA by Radiokop in die Nasionale Amateurradiosentrum plaas. Besprekings sluit op Donderdag 21 Augustus. Bespreek asb. onmiddellik om sodoende reëlings te vergemaklik tov. beplanning en spysenering . Inligting kan op die SARL se webblad gevind word.
Tony Voorveld ZS6CCD is die hoofspreker met sy onderwerp “THE MAGIC LAMPS”. Ander interessante aanbiedings sal gedoen word deur Steward Moss ZS6SGM met onderwerp, “WSPR 5MHZ voortplantings navorsingsprojek”, antenna modulering met NEC2 deur Vincent ZS6BTY, digitale modusse en hoe dit aangewend word in amateurradio deur Riaan Greeff ZS4PR. Frik Wolff ZS6FZ sal ook die belangstelling prikkel met sy aanbieding van die SARL geisoleerde sendontvanger gekontroleerde koppelvlakstel.
Ter herinnering ,die volgende Gauteng RTA vind plaas op 13 September by die INOVATIONHUB in Pretoria.




>> Die onlangse Kanadese Transatlantiese BHF DXPEDISIE, V1CT , het weereens die aandag gevestig op die voorgestelde VK6RIO “CHIRP” gemoduleerde bakenprojek wat tans beplan word vir kommunikasie tussen amateurs in PERTH Australia en in Port Elizabeth in Suid-Afrika .
Die baken in Perth sal oor die Atlantiese oseaan soek na moontlike TROPOgeut openinge op 144 MHz . Hierdie metode was nog nooit voorheen suksesvol nie. Dit is tans die grootste uitdaging vir amateurs op BHF en is selfs moeliker as Aard Maan Aard kontakte. Die baken sal “CHIRP” gemoduleer word en sal teen -50dB onder die geraasvlak waargeneem kan word met apparaat wat “CHIRP” toeganklik is tesame met `n hoëwins YARGI antenna opstelling.
Die ontvanger sal gekoppel word aan `n rekenaarnetwerk wat intekenare in Australië en Suid Afrika toegang sal verleen om uitslae te monitor. Die ontvangstasie sal geleë wees in Port Elizabeth en onderleiding staan van Mike Bosch. Die Suid Afrikaanse span beskik alreeds oor die Yagi antenna opstelling en die rekenaar met sy bediener. Hulle verwag dat die stelsel nog gedurende 2014 inwerking gestel sal word. Die koste van die “CHIRP” apparaat en onderdele kan sowat AUS$1000 of nagenoeg R10,000 beloop.
`n Paar jaar gelede het `n span in Port Elizabeth, toetse met Morsekode op 144 MHz gedoen. Die span het bestaan uit Andre Botes ZS2ACP, Jim Frances ZS2JF en Mike Bosch ZS2FM . Hulle eweknie in Perth Australie, was Bill Hosien VK6ACY,nou ZS6CCY. Ongelukkig was geen sein van die Morsekode oor 8000 km. ontvang nie.
Jy is ingeskakel op ‘n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga en ons gaan nou voort met nuus vanaf die radio liga.

>> Die agelope week het die SARL en SA AMSAT met verteenwoordigers van die SUID-AFRIKAANSE Nasionale Ruimte Agentskap vergader om `n memorandum op te stel hoe daar te werk gegaan sal word om `n “CUBESAT” grondstasie in die SANSA ruimtestasie by Hartbeeshoek in werking te stel. Die stasie moet ondersteuning verleen aan Suid-Afrikaanse en internasionale amateurradio “CUBESAT” missies. Beterverhoudings tussen AMSAT en die plaaslike radioamateurs asook die wetlike aspekte rondom die daarstelling van die grondstasie te kyk word deur hierdie memorandum in die vooruitsig gestel, .

>> Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende radioamateurs ontvang:
Kelvin Killian ZSL-5227
Michael Derek Johannes ZR1MDJ
Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskapaansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.
Tot hede het 1187 lede hulle lidmaatskap hernu. 27 klub is tans by die SARL geafillieer.

KLUBNUUS.
>> Die Wesrand Amateurradioklub hou sy volgende snuffelmark om 12:00 op Saterdag 30 Augustus 2014 by die klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom. Vir meer inligting skakel, Noel ZR6DX 082 490 9934.


KOMPETISIENUUS
>> Vanmiddag van 13:00 tot 16:30 UTC kan jy deelneem aan die Suid-Afrikaanse Radioliga HF Digitale kompetisie met PSK en RTD aktiwiteit op 20, 40 en 80 meter. 'n RST verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin word uitgeruil. Jy kan deelneem as 'n enkeloperateur enkel band; 'n enkeloperateur alle bande; 'n multi-operator enkel band of 'n multi-operateur alle bande stasie. Digitale kontakte tel 2 punte, tel twee punte vir elke roep gebied op elke band en tel 2 punte vir elke stasie gekontak op al drie bande. Let daarop dat die reëls vir hierdie kompetisie verskil van die reëls vir die ander drie digitalekompetisies wat deur die loop van die jaar gehou word. Kry die volledige reëls in die Suid-Afrikaanse Radioliga kompetisiehandboek.
Jy kan jou log in Cabrillo of ADIF formaat instuur of maak gebruik van die MS Excel dokument beskikbaar by www.zs4bfn.co.za/downloads.asp. Stuur jou log as 'jou roepsein' log, b.v ZS4BS log.xls. Onthou om aan te dui die naam van jou klub - dit is vir die klub kompetisie.
Daar sal 'n gelukkige trekking wees vir 'n ARRL Antenna boek ter waarde van meer as R900. Om deel te neem aan die gelukkige trekking, moet 'n deelnemer 'n log dien met 'n minimum van 15 kontakte.

>> Dertig logstate is ontvang vir die Suid-Afrikaanse Radioliga HF Foon kompetisie gehou op 3 Augustus 2104 en al die logs was vir die enkel-operateur kategorieë, geen multi-operateur stasies nie. Dankie aan almal wat logstate ingedien het.
1ste Jan Botha, ZS4JAN, 235 punte
2de Hans Kappetijn, ZS6KR, 182 punte
3de Karel Bezuidenhout, ZS6WN, 181 punte 4de Roger Jones, ZS6RJ, 161 punte
Jan het ook die hoogste telling op 'n enkel band behaal.
Klub kompetisie
1ste Bloemfontein ARC, 443 punte
2de West Rand ARC, 440 punte
3de Pretoria ARC, 430 punte
4de Soutpansberg ARC, 285 punte
Die wenner van die gelukstrekking tydens die HF foon kompetisie is Johan van Zyl ZS4DZ
Baie geluk aan die wenners. Die volledige uitslae is beskikbaar in HF Happenings 618 asook op die Suid-Afrikaanse Radioliga Forum.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING
>> Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteitsvlak al meer vir as 'n maand laag is met min hoop dat dit in die afsienbare toekoms gaan verbeter. Al die sigbare sonvlekke is stabiel met nie veel van 'n kans vir ernstige sonfakkels nie.
Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 50.
Amateurs gaan die drie DX-bande van 20 tot 15 m geniet met 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees.
Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.
Die dagboek van gebeure:

Jy kan vandag 17 Augustus nog deelneem aan die Internasionale Vuurtoring- en Ligskip naweek
Ook vandag - die Suid-Afrikaanse Radioliga HF Digitale Kompetisie
23 Augustus - RTA by die Nasionale Amateurradiosentrum
31 Augustus - Suid-Afrikaanse Radioliga HF GG Kompetisie
7 September - Suid-Afrikaanse Radioliga Jeug net
13 September - RTA by die Innovation Hub

En om mee af te sluit ‘n terugblik op vandag se hoofnuus: Amateurradio was weereens die ster toe ‘n dringende boodskap tussen Gough eiland en Suid Afrika ggestuur moes word.
Besoek ook gereeld die SARL se webtuiste vir meer interesante nuus en ander gebeure:

Dit bring ons aan die einde van die Suid-Afrikaanse Radioliga nuusbulletin. Vind meer uit oor hierdie en ander nuus deur die SARL se webtuiste te besoek.
Luister elke Sondagoggend om 10:00 Plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz . 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO en ook verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies word landswyd gedoen.
'n Heruitsending vind plaas op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz. Besoek die webblad www.podpage.co.za om ook ander interessante amateurradio verwante potgooi artikels af te laai.


Ons ontvang ook graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle vir nuusbulletins . Stuur `n e/pos aan artoday@sarl.org.za.
Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Die SARL se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op die SARL webtuiste onder die newsinbox skakel, nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Jy het geluister na ‘n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga wat saamgestel was deur Johann ZS6PSS en geredigeer is deur Dawie ZR6DHC.

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou 'n mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003